A MOTHER'S LOVE
(Afrikaans) Sharing an intimate conversation to make everyone aware of a mother's deepest feelings that might never cross her lips. I'm very blessed that my mom are open about the feelings she carry all her life! |
Messages after I said "Thank You" for all her time raising us. I saw my sister's effort with her son once again today and it made me think
MOM:
Op 'n stadium gaan staan jou lewe stil sonder dat jy dit besef. Jy haal net asem sonder om te lewe want jou kind is alles. Jou verstand deel in twee. Met die een oog probeer jy die pad stap van die gewone lewe van almal om jou, maar die ander oog se pad is die hoofpad om vir jou kind dit so maklik as moontlik te maak. Jy kyk vir hom uit vir alles sodat sy lewe smooth gly en sodat hy sy voet nie stamp op die roete wat jy reeds vir hom probeer voorberei het nie. Jy vergeet vinnig, want dis hoe vrouens geskape is, anders sal jy nie weer kinders wil he nie. So sal jy jou hele lewe aangaan en kinders sal dit net begin besef as hulle self kinders het... ek het probeer om julle so onafhanklik moontlik groot te maak, sodat julle vir julle self kan dink en self kan probleme oplos. Ek weet ek was 'n bewustelike "tough-love" mamma, maar dit was in my verwysingsraamwerk daardie tyd baie nodig. So leer ons maar almal soos ons ouer word. Jy vat en hanteer maar wat jou kant toe kom, want dit bly jou kind. Partymaal is dit moeilik, maar ander kere "back-off" jy maar net, want dit is hulle lewe. |
ME:
Ek treasure hierdie boodskap SO mammie. Dankie vir al jou opofferings, al jou tyd en energie, al jou liefde, jou onverdeelde aandag, al die "tough-love" wat ons voorberei het vir die lewe daar buite. Ek sien en ervaar dit eerste-hands as ek so na Zan luister en haar so kyk! 'n Ma plaas haar eie lewe op hou en bou aan die momentum om haar kind op spoed te kry vir sy/haar lewe vorentoe. Om ouer te word is baie scary en dit wat ek op hierdie stadium van my lewe moet dra laat my spartel soos nooit tevore nie. Dieselfde met Zan. Ons albei gaan deur situasies wat in ons raamwerke "vreemd en moeilik" is en weet nie rerig hoe om daarmee te deal nie; maar tog doen ons want jy het vir ons al die gereedskap gegee om dit te kan hanteer en op die ken te vat en te weet dit sal beter gaan. Ek is werklik moeg... Ek is gedaan en ek weet nie hoeveel langer ek sal kan uithou met die pyn en my lyf nie en soos jy nou net gese het die Here voorsien elke dag. Elke aand as ek in die bed klim weet nie hoe ek die volgende dag gaan face nie en hoop vir die beste. Dis die oomblik waar jou stem en wyse woorde wat op 'n vroeer stadium van ons lewens simpel was my kop maal. Jammer vir al die kere wat ek jou teleurgestel het mammie; maar dit was nie bewustelik nie. Tog is dit deel van groei en om karma uit te sorteer en voor te berei vir iets groters. Ek weet dat jy daardie invals-hoek het op alle situasie in die lewe. Dankie dat jy so 'n goeie ma is vir ons! Baie lief vir jou en lekker slaap. Gooi tog daar 'n woordjie in vir verligting van hierdie pyn mammie. |