I removed names from the letter... But like to share the letter from someones heart to me:
Unfortunately we're not always compatible in life... I rather say "no" now than hurting someone in the long-run.... This is words from the heart: WORDS of: "A letter" |
"jy het definitiewe merke op jou lyf laat ink wat jou beskryf: radiance, prosperity en may goodness increase"
|
Ek is lief vir meer van jou as wat jy dink: Jou humor is soos vars lug, elke sesde woord begin met 'n "f" en in ruil daarvoor kry jy tande van my, jou glimlag een van die mooiste skeppings, jou lyf is perfek alhoewel jy verskil van my, van jou bene, boude, hande, voete en nek hoef ek niks te sê nie, jy het definitiewe merke op jou lyf laat ink wat jou beskryf: radiance, prosperity en may goodness increase, jou eksentrisiteit is ongelooflik mooi, jy ruik na iets wat mens nie wil laat gaan nie, jy lyk altyd op jou beste al het jy nou net wakker geword met 'n growwe stem en ietwat "ek gaan jou nou moer as jy weer vir my kyk" look, jou sigaret in jou hand wat jy gebruik vir 'n wysvinger, jou teenwoordigheid kan aangevoel word deur iemand wat nie regtig gevoel het nie. Jy kak my uit op 'n manier waar ek besef dit kom uit jou hart en ek sien dit as mooi en goed. Jy is eerlik oor jou gevoelens. Jou passie vir die lewe en mense steek jy weg en probeer hard oorkom maar jy kry dit nie reg nie. Die manier wat jy bestuur, jou gawe om te kan dans in 'n kar en woord vir woord van duisende songs kan memoriseer en die noot of twee wat uitkom terwyl jy met wit oorfone sit en werk, jou gawe om tuin te maak vanuit jou kantoor op 'n monitor, die geit om net uit 'n blikkie of sekere glas jou coke te drink en jou rituele voor jy gaan slaap, die gesprekke wat jy voer in jou slaap en hoe hard jy op jou tande kan kners. Jy raak opgewonde oor die kleinste goedjies en hoe jy vir ure iets uit mekaar kan pluis en daaroor gesels. Jou manier van redineer, soos die van 'n 50jarige met aardse wysheid, jou famous woorde: "my nee is my nee" My belofte aan jou: ek sal jou help om die lewe lief te hê, om jou fisies en emosioneel sagkuns vas te hou, die geduld te hê wat liefde vereis, om te gesels wanneer woorde nodig is, as ek nie raad het nie of myself nie tenvolle kan vereenselwig met jou situasie nie, net sê dit sal okay wees soos wat jy van my vra, om die stilte te deel. Om saam te stem oor verskille hoe onveilig jy voel op my motorfiets, en ek belowe om in die warmte van jou hart te leef en dit altyd "huis" noem! Ek belowe om jou vreesloos lief te hê, in al jou vorms, hoe ookal die lewe jou giet. Om nooit te vergeet dat hierdie geleentheid een keer in my lewe tevoorskynsal kom en ek dit nie sal opmors nie, en ek die diepste gedeeltes van my siel met jou wil deel. Ek sal hierdie woorde voor getuies gebruik indien jy die "Ja" woord in die toekoms sal uiter! |